Kerkbode
Kerkbode is die oudste Afrikaanse blad in Suid-Afrika wat vandag nog bestaan. Hierdie nuusblad het ‘n geskiedenis wat terugstrek tot Januarie 1849 toe die eerste Kerkbode verskyn het met die doel om ‘godsdienskennis te versprei’. Dié koerant het in die laaste dekade die digitale wereld betree om ook hier spieël én venster vir die NG Kerk te wees. Vir meer stories, rubrieke, poste en kerklike nuus besoek ons webwerf www.kerkbode.co.za en laai die gratis Kerkbode toep (app) af vir Android- en Apple-fone. Ondersteun hierdie kerklike joernalistiek projek deur ‘n Vriend van Kerkbode te word.
Episodes

Thursday Aug 24, 2023
Thursday Aug 24, 2023
Ferial Haffajee was die gasspreker by die jaarlikse Slypskool vir Skrywers wat Kerkbode tesame met die Taakspan Navorsing vanjaar in Johannesburg aanbied.
Die geleentheid duur drie dae en versterk medewerking binne die NG Kerk se kommunikasie-ekosisteem. Luister na ’n klankopname van die onderhoud wat Le Roux Schoeman op Woensdag 23 Augustus in Braamfontein met Haffajee gevoer het.
Tuesday Aug 22, 2023
Tuesday Aug 22, 2023
Die Kerkbode-span het onlangs by Hannah Gilliomee van Bredasdorp gaan kuier. Hierdie
jarelange Kerkbode-leser, wat in Julie 2023 100 jaar oud geword, het ons vertel sy het met hierdie
nuusblad van die NG Kerk groot geword en dat sy steeds die gedrukte weergawe van voor tot
agter lees.
